GEREELDE VRAE OOR TRUSTS

Hierdie artikel gaan handel met gereelde vrae oor Trusts:

FAQ about trusts

Ja, daar is verskillende tipe Trusts wat bestaan uit die volgende:

TESTAMENTÊRE TRUSTS – ook na verwys as Mortis Causa Trusts.

INTER VIVOS TRUSTS – hierdie kan geklassifiseer word as Hofbevel Trusts, Diskresionêre Trusts, Liefdadigheidstrusts en Spesiale Trusts.

TESTAMENTÊRE TRUSTS – ‘n Testamentêre Trust kom tot stand by die afsterwe van die Testateur/Testatrise en die Trustakte  word in die Testament vervat.

INTER VIVOS TRUSTS – ‘n Inter Vivos Trust word opgerig gedurende die leeftyd van die Skenker of in terme van ‘n hofbevel.  Inter Vivos is latyns wat vertaal na “tussen die lewendes” en is ‘n regsterm wat verwys na ‘n oordrag of skunking wat gemaak is gedurende ‘n persoon se leeftyd.

Die hoof doel van ‘n Trust is om die bates wat deur die Trust besit word te beskerm en te onderhou ten behoewe van die begunstigdes.  Die bates van die Trust vorm nie deel van die boedel van die Skenker en begunstigdes nie.

‘n Trustee mag ‘n natuurlike persoon of ‘n regspersoon met ‘n genomineerde wees wat aangestel is om die Trust en die bates van die Trust te administreer ooreenkomstig met die Trustakte.

 

Die trustee het ‘n fidusiêre plig teenoor die begunstigdes van die Trust en moet met die nodige graad van sorg, vaardigheid en ywer optree wat verwag word van iemand in sy/haar posisie.  Die trustee het ‘n plig om die bates van die Trust te bestuur, beskerm en onderhou ten behoewe van die begunstigdes en sou hy/sy versuim om dit te doen, mag hy/sy as trustee verwyder word in terme van ‘n hofbevel of deur die Meester van die Hooggeregshof.

 

Die Meester van die Hooggeregshof vereis die aanstelling van ‘n onafhanklike trustee.

Daar is twee tipe begunstigdes in ‘n Trust, naamlik Kapitaalbegunstigdes en Inkomstebegunstigdes.  Kapitaalbegunstigdes is geregtig op die kapitaal (bates) van die Trust terwyl Inkomstebegunstigdes geregtig is op die inkomste wat deur die Trust gegenereer word.

Kapitaalbegunstigdes en Inkomstebegunstigdes mag dieselfde persoon/persone wees.

‘n Trust word geregistreer by die Meesterskantoor wat jurisdiksie het oor die area waar die meerdeheid van die Trust se bates geleë is.  Trusts word gewoonlik opgerig met slegs een bate, naamlik R100 donasie.

Elke Meester van die Hooggeregshof hou toesig oor die administrasie van Trusts deur die trustees in sy.haar jurisdiksie.  Die Meester van die Hooggeregshof het die magte om ‘n Trust te registreer en te ontbind, trustees aan te stel of te verwyder en mag ook trustees versoek om hom/haar met die finansiële state van die trust te voorsien or mag ondersoeke instel in die administrasie van die Trust.

‘n Trust word nie geag as ‘n regspersoon nie, behalwe in terme van die Inkomstebelasting Wet.  ‘n Trust word verteenwoordig deur die Trustees in hulle hoedanighede as sulks.

Ja, alle Trusts word vereis om vir Inkomstebelasting te registreer.

‘n Belangrike vraag om te vra is of u Inter Vivos Trustakte geldig en op datum is.  Ongelukkig is baie Trustaktes verouderd en soms ongeldig.  Daarom is dit baie belangrik om u Trustakte te laat hersien.  ‘n Trustakte wat verouderd is, belangrike klousules ontbreek of selfs ongeldig is, kan onaangename gevolge hê.

Vir enige verdere navrae, kontak gerus vir Anél Malherbe by 079 412 3630 of per e-pos by anel@malherbelaw.co.za.

Vrywaring

Die inligting vervat in hierdie artikel word slegs vir algemene inligting en opvoedkundige doeleindes verskaf en moet nie as regsadvies oor enige onderwerp beskou word nie. Lesers moet nie optree of daarvan weerhou om op te tree op grond van enige inhoud wat in hierdie artikel ingesluit is sonder om regs- of ander professionele advies in te win nie.